90% van eerste fase uitverkoop
Elma Kloppers
Aftree-eiendom met die lewensregopsie
by die Val de
Vie-leefstyllandgoed in die
Paarl-Franschhoekvallei, vind
groot aanklank by kopers met ‘n
oog op luukse en veilige aftreeverblyf
in die Kaapse Wynlande.
Sedert die bekendstelling van
die Val de Vie Evergreen-aftreeontwikkeling
in November 2017,
het 90% van die eerste fase van
dié ontwikkeling uitverkoop.
Van die eerste inwoners het onlangs
hul intrek geneem.
Pryse in die eerste fase het op
R3,1 miljoen begin en die groottes
van die huise wissel tussen
148 mÇ en 203 mÇ.
Dié ontwikkeling beloof om
met voltooiing van al die fases
die grootste aftree-ontwikkeling
in die land te wees met ‘n gemeenskap
van 700 verblyfopsies,
wat huise, woonstelle en verswaktesorg-
verblyf insluit.
Die aftree-ontwikkeling volbring
die visie van die ontwikkelaars
van die landgoed om ‘n verblyfopsie
vir elke lewensfase te
voorsien, sê Ryk Neethling, Val
de Vie se bemarkingsdirekteur
en ‘n aandeelhouer in die landgoed.
Hy sê wat die lewensregopsie
so aantreklik maak, is dat
dit die koper die reg op lewenslange
verblyf in ‘n spesifieke
eiendom gee met toegang
tot mediese dienste vir
alle ouderdomsfases.
“Die instandhouding van
die huise se struktuur word
deur die ontwikkelaar behartig
en inwoners hoef slegs om
te sien na interne onderhoud.”
Afgetredenes kry nie net
toegang tot die aftree-ontwikkeling
se unieke geriewe nie,
maar ook tot die wye spektrum
geriewe van wêreldgehalte waarvoor
Val de Vie so gesog is. Die
aftree-ontwikkeling het geriewe
soos ‘n siekeboeg, ‘n biblioteek,
‘n rolprentkamer, ‘n kafeteria en
‘n klubhuis. In latere fases gaan
daar ‘n gimnasium en ‘n rolbalbaan
bykom.
Neethling sê die vraag na luukse
aftreeverblyf in die land oorskry
die aanbod verreweg.
“Daar is nie naastenby ‘n
vergelykbare aftreeontwikkeling
wat kan meeding met die dienste
wat by dié een beskikbaar is
nie.”
Daar is groot voordele aan verbonde
om in ‘n aftreeoord in ‘n
groot eiendomslandgoed soos Val
de Vie af te tree, waarvan veiligheid
die belangrikste is.
Val de Vie beoog om voor die
einde van die jaar die tweede fase
van sy aftree-ontwikkeling bekend
te stel.
Author: Die Beeld